In die begin
I. L. de Villiers
In die begin was ek gedagte
in die gestringde stergeheue van God.
I. L. de Villiers
In die begin was ek gedagte
in die gestringde stergeheue van God.
In die begin was ek gedagte.
Die gedagte het woord begin vorm,
mikroskopies in my moeder se skoot.
Die gedagte het woord begin vorm.
Die woord het inderdaad mens geword,
vlees, bloed en sening soos die seun van God.
Die woord het inderdaad mens geword.
Nou word ek weer verse en woord.
En die woord word weer stof van gedagte.
Nou word ek weer verse en woord.
Die gedagte keer t'rug na sy oord.
Wat begin was, word einde en einde begin.
Die gedagte keer t'rug na sy oord.