Boodskap
Freda Plekker
Vir Koos
As jy hulle sien
vier wit wilde-eende in die wind oor die water
vier klein kantelende koeverte
sal jy weet
dat die wenende wier van my wasdom
nog hyg
onder water
dat die omgekeerde hemel nog slaap
in die Boeddha-oë en die knypers van krappe
dat die leë mandjies van vinkneste
nog uitstallings hou
bedelmandjies mymerend
teen 'n muur van mimosas
sal jy weet
dat die gety nog skryf-uitvee-en-skryf
aan die manuskrip van my oewers
dat ek nog geskrywe word
want daar's 'n vrou en haar stap
in die rokspante van die water
en sy in die sjaal van die wind.
Freda Plekker
Vir Koos
As jy hulle sien
vier wit wilde-eende in die wind oor die water
vier klein kantelende koeverte
sal jy weet
dat die wenende wier van my wasdom
nog hyg
onder water
dat die omgekeerde hemel nog slaap
in die Boeddha-oë en die knypers van krappe
dat die leë mandjies van vinkneste
nog uitstallings hou
bedelmandjies mymerend
teen 'n muur van mimosas
sal jy weet
dat die gety nog skryf-uitvee-en-skryf
aan die manuskrip van my oewers
dat ek nog geskrywe word
want daar's 'n vrou en haar stap
in die rokspante van die water
en sy in die sjaal van die wind.
No comments:
Post a Comment