Ontwei
Antjie Krog
jy gly onder my uit, Ma, in hierdie virulentgeurende lente
vanoggend toe ek jou groet, klamp jy aan my vas
en byna te buite hou ek jou
hou jou lignemendheid jou werpwrakende woedebrokke
jou brak onuitblussende steenkooloë vegtend bloed-
veragtendvegtend maar jy's reeds sonder skouers
(here die gedagte aan 'n ontdagte-jy klief op my af die weg-
glip van die vreesloosste priemhonger sillabe
van my lewe) — dis boggel wat ek
in my arms hou newe-aards skots-skreef probeer jy
die inmekaarplons toeskoffel
die swetsende terdoodbrenging van slyt-
bare vlees soos voortgedryf deur pis deur die onwaardigheid
van skyt van herberglose breuke knoppe en fynmasige
wade van immerende onmagtigheidsmakings
maar altyd
altyd met die vlammende dapperswaard stip vooruit dit robbel
en skree Ma want hoe benaam ek jou tot leef tot nader-
baar bly as boegbeeld wat die aarde voor my kloof
torsende briefvellige vrou morsend met jou nat grys hare
asof jy met moeite uit die grond geruk is ek sien die wanhoop
in jou oë ons gryp na die enigste wat ons ken: die skrifgeluid van
skerwe angsvallig tastend teen soveel vergruisende weerloosheid
om die dood te probeer indink tot die dood-in toe hoor ek jou
beier aan onverlore taal jou woede spaar jy nie nog jou deernis
nog jou arms nog jou bors in die truspieëltjie sien ek jou staan
staan in jou vooroorstortende lyf
alleen, onnoembaar mensonterende alleen dodin van my wese
en trillende keelvel van my alfabet

No comments:
Post a Comment