Saturday, 10 February 2018

Vakansiebrief
D. J Opperman


Voor my in 'n mispel kras
drie kraaie; my dae verdwyn
in stiltes soos kwartels in lang gras.

Vanoggend toe ek erdwurms soek, 
raak ek oor 'n fossiel verstrooid
soos oor 'n bladsy uit 'n muf dagboek.

'n Ou meid lê langs haar skerm, die wange
weggesak, haar oë reën en sand 
in holtes van 'n maalklip opgevang.

Die berg se donker lies, vars spore
van die likkewaan en kuttels van 'n bok
roer iets in my van lank tevore;

maar die tarentaal sit stom
op haar nes vol eiers — my hart broei
oor die stad: glas, sink, beton.


2 comments:

  1. Dit verskyn as realiteit wanneer ek in die eerste paar dae van ses weke se afsondering in die koue bos langs 'n bergstroompie, in Belfast se komende winter, in die flou oggenson sit.

    ReplyDelete
  2. En so koud as die winterson gestreef het om warm te broei Is die Dal se son in Oktober wat dit gewoonlik in Februarie is.

    ReplyDelete