convivium
Antjie Krog
2.
maar staafspirale bestaan sê jy
die lieflike vere-rige slanke spiraalarms van ons sterrestelsel bestaan
in 'n dromende ballet sê jy van waas en wentelbaan
en die stadig-polsende lewensloop van sterre suurstof
en kwasars newelagtige baarmoeders en ontsaglike lig
aan die buitewyke van die heelal sê jy die melkweg neurie
daar's rustig silwersuiwerende wentelbane die beminning
van mane getye liglyne en ewigdurende ewewig dit alles
bestaan sê jy: is dit nie juis die sterre as 'n oordaad priemsels op
'n stil someraand wat ons in wentelbane van uitreiking hou nie?
elke keer as ons in oorgawe na mekaar toe draai
doen ons dit onder 'n druisende baldakyn van sterre

No comments:
Post a Comment