wie is die stil kind
Gilbert Gibson
wie is die stil kind? die stil kind is 'n dwaling in die woestyn
wat is die woestyn? die woestyn is 'n ander weergawe van die see
waarvandaan kom die see? die see is van die toekoms vergeet
wat vergeet die toekoms? dit vergeet die wit van wolke
wat is die wit van wolke? die wit van wolke is sneeu vir voëls
waar is die voëls? die voëls vlieg oor die groot-karoo
wat is die groot-karoo? die groot-karoo is die ruis van vuur
waar is die ruis van vuur? die ruis van vuur is waar horisonne val
waar is die horison? die horison pas smal in die vuis
wat is die vuis? die vuis is 'n oop venster
wat maak 'n oop venster? 'n oop venster laat die reën binne
wat laat die reën binne? troos van hande laat die reën binne
wat is troos van hande? troos van hande besweer die angs
wat besweer die angs? die kwelling wind besweer die angs
wat is kwelling wind? die kwelling wind is stilte in die kind

No comments:
Post a Comment